//


Soos wat die uurglas van menslike regering uitloop en die Koms van die Koning onafwendbaar is, sterf duisende mense daagliks sonder dat hulle die Woord van die Here gehoor het, wat redding aan almal beloof, ongeag afkoms. As jy tot redding gekom het deur die mondelinge getuienis van 'n ander persoon, moet jy hierdie nuus ook aan iemand anders vertel.

Aksie 1:8 se visie is wêreldevangelisasie. Hierdie visie is gegrond op Jesus se laaste opdrag: "Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies..." (Matt. 28:19a) en "...Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom." (Mark. 16:15)

Wêreldevangelisasie behels die eweredige verspreiding van die evangelie oor die hele wêreld sodat elke mens binne die bereik van 'n duidelike evangelie-aanbieding kan kom ten einde 'n keuse vir of teen Jesus te maak.

Ons wil graag by elke sendelinge betrokke wees! Wat word van ons verwag?

Sendelinge versorging

Wie is betrokke by Aksie 1:8?

Dalk herken u 'n paar gesigte:

Aksie 1:8 nuusbrief, 1  Aksie 1:8 nuusbrief, 2

Projek 850-Kom maak 'n verskil!

Word deel van 'n besondere plan om 'n reuse verskil in duisende mense se lewens te maak!

Projek 850 Vorm

projek 850, 1  Projek 850
Skrifgedeelte vir die dag